Beheerliggaam
Koster Gekombineerde Skool is bevoorreg om passievolle ouers met kundigheid en
besonderse talente te hê wat die skool versterk, bystaan en ondersteun. Die beheerliggaam
stel hom ten doelom personeel, leerders en ouers te dien en die skool en sy gemeenskap te
ontwikkel deur vormingsgeleenthede tot voordeel van elke leerder te bewerkstellig.
besonderse talente te hê wat die skool versterk, bystaan en ondersteun. Die beheerliggaam
stel hom ten doelom personeel, leerders en ouers te dien en die skool en sy gemeenskap te
ontwikkel deur vormingsgeleenthede tot voordeel van elke leerder te bewerkstellig.
“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,
dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.” Jesaja 43:19 Carel van Wyk Skoolhoof |
Koster Gekombineerde Skool is ’n trotse Afrikaanse-medium skool, sowat 55km vanaf Rustenburg. Hier heers ’n christelike plattelandse atmosfeer en met sy rustige, ruim, boomryke en plattelandse atmosfeer verwelkom ons graag leerders en ouers om deel van die Koster-familie te word. Dit is vir ons belangrik om gebalanseerde jongmense vir die samelewing voor te berei, wat beteken dat ‘n gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur vir ons belangrik is!
Ons skool leuse by die primêre en sekondêre skool “WIE WERK HET BROOD” en “WAARHEID UIT KENNIS” word daagliks uitgeleef deurdat ons in alles wat ons doen, ons beste lewer. Die vennootskap tussen ouer en skool is van onskatbare waarde. Hande word geneem om te verseker dat die kind die middelpunt van die skool vorm. Hierdeur verseker ons dat daar aan elke leerder die beste ontwikkelingsmoontlikhede gebied word. Koster Gekombineerde Skool streef na die volgende:
Kom kyk gerus en waardeer ons pêrel in die Noord-Weste! |