Die Landsdiensbeweging is ’n omgewingsgerigte jeugbeweging wat toeganklik is vir almal. Die beweging streef daarna om liefde vir en bewaring van die omgewing met sy veelvuldige natuurlike hulpbronne te bevorder. ’n Sin vir arbeidsaamheid word deelgemaak van die Landsdiener se mondering. Sodoende word die leuse van die Landsdiensbeweging: Facta non Verba (Dade en nie woorde nie) prakties uitvoerbaar.
Hierdie waardes word doelmatig gemeng met die ontplooiing van jongmense se talente engeestelike toerusting om die uitdagings en probleme van hul tyd die hoof te bied. By die Landsdiener word wedersydse begrip van en waardering en respek vir ander kulture, gestimuleer.
Die Landsdiensbeweging dra beduidend by tot die lewering van verskilmakende en verantwoordelike landsburgers met lojaliteit vir die eie, wat lewensvaardig en ook vol inisiatief en selfvertroue is. Die Landsdiensbeweging lei ons jongmense tot gebalanseerde volwassenheid.
Die kern van die Landsdiensbeweging word hoofsaaklik verteenwoordig deur jeug in primêre, sekondêre en tersiëre opvoedingsfases asook jong werkende jeug. Projekte en toekennings word ook hoofsaaklik op hierdie fases geskoei. Die Beweging funksioneer as jeuggeoriënteerde, nieregeringsorganisasie en ook ’n nie-winsgewende organisasie.