Opsoek na ’n ware tuiskoms vir jou kind in die platteland?
By Koster Gekombineerde Skool kan jou kind van graad R tot
graad 12 deel wees van ’n familie waar elke kind nie net ’n nommer is nie maar deel van die gemeenskap. Met koshuise, busroetes en landbouvakke in die sekondêre fase, bied Koster Skool Gekombineerd ’n holistiese omgewing wat waarlik soos 'n tuiste word. |
Laerskool Skoollied
Geil en groen die mielielande, kenmerk van ons lief kontrei Ongetemde hoëveld winde dra ons leuse na jou en my Leer ons om steeds meer te werk, om te oefen en ons te sterk Winde dra ons leuse voort: wie werk het brood. Koster Laer – ons bid maar immer meer en meer vir siel en gees Koster Laer vergeet ons nimmer, sal sy naam steeds waardig wees. Leer ons om steeds meer te werk, om te oefen en ons te sterk. Winde dra ons leuse voort: wie werk het brood. |
Hoërskool Skoollied
Waarheid uit kennis klink altyd wyer oor velde en rante uitgebeier, deur drie goue klokke skoon soos Afrika waarin ons woon. Bring kennis aan ons jeug elke dag met nuwe vreug, waarheid, liefde en geloof, laat dit klink oor berg en kloof. By ons leuse moet ons hou, standvastig en trou, Kosterse Hoërskool By ons leuse moet ons hou, standvastig en trou, Kosterse Hoërskool. |